ROMEINE 5:10
ROMEINE 5:10 Bybel vir almal (ABA)
Ons was voorheen God se vyande, maar God se Seun het gesterf sodat alles reg kan wees tussen ons en God. God het vir Christus weer laat lewe. Nou is alles reg tussen God en ons, daarom kan ons baie meer seker wees dat Christus ons sal red.
ROMEINE 5:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.
ROMEINE 5:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.
ROMEINE 5:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ons, toe ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, hoeveel te meer sal ons deur sy lewe verlos word noudat ons met Hom versoen is!
ROMEINE 5:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as ons, toe ons vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons, as ons versoen is, deur sy lewe gered word.
ROMEINE 5:10 Die Boodskap (DB)
Dan sal Jesus ons ook mos help wanneer ons voor God se oordeelstroon moet gaan staan. Sy dood het ons in die regte verhouding met God gebring toe ons nog aartsvyande van Hom was. Hoeveel te meer sal ons dan nie deur die lewende Jesus van die oordeel van God gered word nie?