ROMEINE 11:33-34
ROMEINE 11:33-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad?
ROMEINE 11:33-34 Bybel vir almal (ABA)
Die wysheid van God, alles wat Hy weet, alles wat aan God behoort, is meer as wat ons kan verstaan. Ons kan nie weet wat God besluit nie, ons kan nie uitvind wat Hy wil doen nie. Wie mag vir die Here sê wat Hy moet dink? Wie mag vir Hom sê wat die regte dinge is wat Hy moet doen?
ROMEINE 11:33-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
ROMEINE 11:33-34 Die Boodskap (DB)
Niemand in die hemel of op die aarde het soveel wysheid en insig soos God nie. Wie kan dit waag om God se oordeel te bevraagteken? Wie is in staat om sy optrede te verklaar? Wie ken God se planne? Is daar iemand wat vir Hom kan voorskryf wat om te doen?
ROMEINE 11:33-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hoe ongelooflik wonderlik is God nie – hoe ontsaglik ryk en wys en vol kennis is Hy nie! Sy beslissings gaan ons begrip te bowe; sy manier van doen kan ons nie deurvors nie. Wie van ons kan regtig verstaan hoe God dink? Of wie sou as sy raadgewer kon optree?