ROMEINE 11:28
ROMEINE 11:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle is op die oomblik wel vyande van die Goeie Nuus, maar dit kom julle ten goede omdat God sy gawes nou aan julle geskenk het. Tog is hulle, wat God se uitverkiesing betref, nog steeds geliefdes van God – Hy het immers sy beloftes aan die aartsvaders gegee
ROMEINE 11:28 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het nie die goeie boodskap geglo nie. Daarom is hulle God se vyande en daarom is God goed vir julle wat heidene is. Maar God het die Israeliete gekies en Hy is lief vir hulle, want Hy het 'n verbond gemaak met hulle voorvaders.
ROMEINE 11:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.
ROMEINE 11:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande van God, en dit kom julle ten goede, maar kragtens die uitverkiesing is hulle geliefdes om die aartsvaders se ontwil.
ROMEINE 11:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande om julle ontwil, maar wat die uitverkiesing betref, is hulle geliefdes om die voorvaders se ontwil.
ROMEINE 11:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat die evangelie betref, hulle is vyande ter wille van julle, maar wat die uitverkiesing betref, is hulle beminde ter wille van die vaders.
ROMEINE 11:28 Die Boodskap (DB)
Baie Israeliete is vyande van die evangelie. Dit het natuurlik aan julle wat nie Jode is nie die kans gebied om in Jesus te glo. Maar aan die ander kant is hulle nog steeds God se vriende omdat Hy hulle uitgekies het. God bly immers getrou aan sy beloftes aan hulle voorvaders.