DIE OPENBARING 7:17
DIE OPENBARING 7:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die Lam wat in die middel voor die troon staan, sal hulle soos 'n herder versorg en hulle na fonteine met lewende water lei, en God sal elke traan uit hulle oë vee.”
DIE OPENBARING 7:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal al die trane van hulle oë afvee.
DIE OPENBARING 7:17 Bybel vir almal (ABA)
Want die Lam wat by God se troon is, sal hulle Herder wees. Hy sal hulle na fonteine neem en vir hulle water gee, water wat hulle altyd sal laat lewe. En God sal al hulle trane afvee.”
DIE OPENBARING 7:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
DIE OPENBARING 7:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.”