DIE OPENBARING 3:21
DIE OPENBARING 3:21 Bybel vir almal (ABA)
Ek het oorwin en Ek het saam met my Vader op sy troon gaan sit. As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek vir jou sê jy mag saam met My regeer, jy mag saam met My op my troon sit.
DIE OPENBARING 3:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
DIE OPENBARING 3:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
DIE OPENBARING 3:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Wie oorwin, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos wat Ek ook oorwin het, en saam met my Vader op sy troon sit.
DIE OPENBARING 3:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
DIE OPENBARING 3:21 Die Boodskap (DB)
Die Christen wat hom nie van stryk laat bring nie, maar enduit aanhou, sal voor God ’n ware wenner wees. Ek sal sorg dat hy langs My op die troon sal sit. Ek het alles presies gedoen soos my Vader van My verwag het. Daarom is Ek ’n wenner wat nou langs my Vader op sy troon sit.