DIE OPENBARING 3:20
DIE OPENBARING 3:20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet.
DIE OPENBARING 3:20 Bybel vir almal (ABA)
Ja, Ek is soos iemand wat by 'n deur staan en klop. As iemand my stem hoor en hy maak die deur oop, dan sal Ek inkom. Ek sal saam met hom eet, en hy sal saam met My eet.
DIE OPENBARING 3:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
DIE OPENBARING 3:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.