PSALMS 36:6-7
PSALMS 36:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Here, U doen wat U belowe het, U doen dit op die aarde en in die hemel, U bly dieselfde, hier en ook tussen die wolke. U doen reg op die aarde, ook op die hoogste berge, U oordeel reg, ook in die groot, diep water. Here, U red mense en diere.
PSALMS 36:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke. U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!
PSALMS 36:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke, u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here.
PSALMS 36:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
HERE, tot aan die hemel reik u troue liefde, u getrouheid tot aan die wolke. U geregtigheid is soos massiewe berge, u regspraak soos die groot •oerwater. U verlos mens en dier, HERE.
PSALMS 36:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
U geregtigheid is soos die groot berge; U oordele is 'n groot diepte; o HERE, U bewaar mens en dier. Hoe groot is u goedertierenheid, o God! daarom het die mensekinders hul vertroue in die skaduwee van u vleuels gestel.
PSALMS 36:6-7 Die Boodskap (DB)
Here, U is baie lief vir ons, niemand op aarde kan dit ooit meet nie. Here, U is so goed vir ons, niemand het genoeg woorde om dit te beskryf nie. Here, U tree altyd regverdig op. Here, wanneer U praat, is dit altyd regverdig teenoor ons as mense. U hou alles wat leef styf in u hand vas. Elke mens, elke dier leef uit u goedheid.