PSALMS 31:23
PSALMS 31:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ek, ek het in my angstigheid gedink ek is afgesny, weg uit u gesigsveld. Nogtans het U my smeekgebed gehoor, toe ek na U om hulp geroep het.
PSALMS 31:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote, want die HERE bewaar die gelowiges en vergeld die hoogmoedige dader in oorvloed.
PSALMS 31:23 Bybel vir almal (ABA)
En ek? Toe ek so bang was, het ek gedink hulle sal my wegvat van U, maar U het geluister toe ek gesoebat het en gevra het dat U my moet help.
PSALMS 31:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.
PSALMS 31:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het in my angs gedink: Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp. Tog, U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het.