PSALMS 27:1
PSALMS 27:1 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. Die Here laat my lewe, Hy help my, daarom is ek vir niemand bang nie. Die Here beskerm my lewe, daarom skrik ek vir niemand nie.
PSALMS 27:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
PSALMS 27:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Dawid. Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?
PSALMS 27:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. Die HERE is my lig en my redding – vir wie sal ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe – vir wie sal ek bang wees?
PSALMS 27:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is my lig en my heil; vir wie sal ek vrees? die HERE is die sterkte van my lewe; vir wie sal ek bang wees?
PSALMS 27:1 Die Boodskap (DB)
Die Here help my deur my donkerste krisis. Sy hulp is soos ’n lig wat ’n mens in ’n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my. Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie. Die Here beskerm my. Waarvoor sal ek dan bang wees?