PSALMS 1:1-2
PSALMS 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.
PSALMS 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Dit gaan goed met 'n mens wat nie luister na mense wat verkeerd doen nie, wat nie doen wat sondaars doen nie, en wat nie saam spot wanneer mense sit en spot nie. Dit gaan goed met 'n mens wat lief is vir wat die Here sê, 'n mens wat elke dag en nag dink aan wat die Here sê.
PSALMS 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.
PSALMS 1:1-2 Die Boodskap (DB)
God hou sommer baie van jou, want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie. Jy hardloop nie agter elke nuwe sonde op die mark aan nie. Jy is ook nie bevriend met daardie spul wat met God spot nie. God is baie bly omdat jy sy Woord geniet. Jy lees dit dag en nag sonder om moeg te word.