SPREUKE 17:9
SPREUKE 17:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak herhaal, skei baie vriende.
SPREUKE 17:9 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat maak of hy nie sien wanneer iemand anders iets teen hom doen nie, is iemand wat lief is vir mense. Iemand wat vertel wat ander mense oor mekaar sê, laat vriende kwaad word vir mekaar.
SPREUKE 17:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
SPREUKE 17:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie 'n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende.
SPREUKE 17:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie 'n oortreding bedek, streef na liefde, maar wie 'n saak telkens ophaal, skei boesemvriende.