FILIPPENSE 1:18
FILIPPENSE 1:18 Bybel vir almal (ABA)
Party mense is vals wanneer hulle preek, en party mense wil goed doen wanneer hulle preek. Maar dit maak nie vir my saak hoekom hulle preek nie. Hulle preek almal oor Christus, en daaroor is ek bly. En ek sal aanhou om bly te wees
FILIPPENSE 1:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wat maak dit? In alle geval, op allerlei wyse, of dit onder 'n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly.
FILIPPENSE 1:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar wat maak dit saak? In elk geval, of dit met bybedoelings is of in opregtheid, op allerhande maniere word Christus bekend gemaak, en daaroor is ek bly. En ek sal my ook verder verbly
FILIPPENSE 1:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat maak dit egter saak? In elke geval, of dit met bybedoelings of in waarheid is, word Christus verkondig – en daaroor is ek vol blydskap. Ja, ek sal voortdurend bly wees
FILIPPENSE 1:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat dan? nieteenstaande, op elke manier, hetsy in voorgee of in waarheid, word Christus verkondig; en daarin is ek bly, ja, en ek sal bly wees.
FILIPPENSE 1:18 Die Boodskap (DB)
Maar wat maak dit nou alles saak? Vir my is die belangrikste dat mense van Christus moet hoor. Dit maak eintlik nie soveel saak of mense met skoon bedoelings ander mense van Jesus vertel of nie. Solank dit net gedoen word, maak dit my hart al klaar bly. En dit is nie al wat my bly maak nie.