FILIPPENSE 1:16
FILIPPENSE 1:16 Bybel vir almal (ABA)
Hulle preek omdat hulle lief is vir Christus en hulle weet ek is 'n gevangene omdat ek vertel dat die goeie boodskap oor Christus reg is.
FILIPPENSE 1:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die eerste verkondig Christus uit naywer, nie met suiwer bedoelinge nie, met die mening om aan my boeie verdrukking toe te voeg
FILIPPENSE 1:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laasgenoemdes verkondig Christus omdat hulle my liefhet en weet dat dit my taak is om die evangelie te verdedig
FILIPPENSE 1:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle doen dit uit liefde, omdat hulle weet dat ek bestem is om die evangelie te verdedig
FILIPPENSE 1:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die een wat Christus van twis verkondig, nie opreg nie, met die veronderstelling om verdrukking by my boeie te voeg.
FILIPPENSE 1:15-17 Die Boodskap (DB)
Onder julle is daar party mense wat ook graag op die kansel klim. Hulle is egter jaloers op my en wil wys dat hulle beter as ek is. Hulle probeer dit vir my moeilik maak terwyl ek hier in die tronk is. Hulle wil net graag aandag trek en stel nie regtig in ander mense belang nie. Maar daar is gelukkig ook mense wat baie goed met my oor die weg kom. Hulle is lojaal teenoor my en het my lief. Hulle weet mos dat ek in die tronk is omdat die verspreiding van God se goeie nuus vir my baie, baie belangrik is.