FILIPPENSE 1:1
FILIPPENSE 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, 'n dienaar van Christus Jesus, skryf hierdie brief vir julle almal wat God se mense is in Filippi, almal wat aan Christus Jesus behoort. Ek skryf ook vir julle, ouderlinge en diakens. Timoteus, ook 'n dienaar van Christus Jesus, skryf die brief saam met my.
FILIPPENSE 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens
FILIPPENSE 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus en Timoteus, dienaars van Christus Jesus. Aan almal in Filippi wat deur Christus Jesus aan God behoort, met hulle ouderlinge en diakens.
FILIPPENSE 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus en Timoteus, diensknegte van •Christus Jesus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filippi is, en ook die opsieners en diakens
FILIPPENSE 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus en Timotheus, die dienaars van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filippi is, saam met die biskoppe en diakens
FILIPPENSE 1:1 Die Boodskap (DB)
Paulus en Timoteus, twee mense wat Christus Jesus dien met alles wat hulle het, het hierdie brief geskryf. Die brief is bedoel vir al die mense in Filippi wat God s’n is omdat hulle Christus Jesus ken. Dit is ook bedoel vir die gemeente se leiers en dié wat aangewys is om die gemeente te help versorg.