NUMERI 1:1
NUMERI 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het met Moses gepraat in die Sinai-woestyn in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Dit was op die eerste dag van die tweede maand nadat die Israeliete uit Egipte gekom het. Die Here het gesê
NUMERI 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê
NUMERI 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het met Moses gepraat in die tent van ontmoeting in die Sinaiwoestyn. Dit was op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weggetrek het.
NUMERI 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het met Moses gepraat in die Tent van Ontmoeting in die Sinaiwoestyn. Dit was op die eerste dag van die tweede maand in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipteland. Hy het gesê
NUMERI 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipteland, en gesê