MARKUS 9:22
MARKUS 9:22 Bybel vir almal (ABA)
Baie maal het die onrein gees hom in vuur en in die water laat val om hom dood te maak. As U kan, dan moet U asseblief jammer wees vir ons en ons help!”
MARKUS 9:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.
MARKUS 9:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Van kleins af,” antwoord hy, “en baie keer het die gees hom al in vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.”
MARKUS 9:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Baie keer het die gees hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.”
MARKUS 9:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dikwels het dit hom in die vuur en in die water gegooi om hom te verdelg; maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.