MARKUS 6:53-56
MARKUS 6:53-56 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en die dissipels het na die ander kant van die see gegaan, en by die stad Gennesaret gekom. Hulle het die boot daar vasgemaak. Toe hulle uit die boot klim, het die mense dadelik gesien dit is Jesus. Die mense het na al die plekke gehardloop, en hulle het die siek mense op hulle slaapmatte na Jesus toe gedra. Op elke dorpie, in elke stad en op elke plaas waar Jesus gekom het, het hulle die siek mense op die oop plekke neergesit. Hulle het vir Jesus gevra of die siek mense aan die soom van sy bo-kleed mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword.
MARKUS 6:53-56 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nadat hulle oorgevaar het, het hulle by die land Gennésaret aangekom en daar aan wal gaan lê. En toe hulle uit die skuit gaan, het die mense Hom dadelik herken, en hulle het in daardie hele omtrek rondgeloop en die wat ongesteld was, op bedde begin ronddra na die plek waar hulle hoor dat Hy is. En waar Hy ook al ingegaan het in dorpe of stede of buitewyke, het hulle die wat ongesteld was, op die markpleine neergesit en Hom gesmeek om, al was dit maar die soom van sy kleed, aan te raak; en almal wat Hom aangeraak het, het gesond geword.
MARKUS 6:53-56 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. Toe hulle uit die skuit klim, het die mense Hom dadelik herken en in daardie hele landstreek rondgegaan en dié wat ongesteld was, op draagbare begin aandra na waar hulle gehoor het dat Hy is. Waar Hy ook al in dorpe of stede of op plase gekom het, het die mense die siekes op die bymekaarkomplekke neergesit en Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak; en almal wat aan Hom geraak het, het gesond geword.
MARKUS 6:53-56 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat hulle na die oorkant gevaar het, het hulle by Gennesaret aan wal gegaan en vasgemeer. Toe hulle uit die boot klim, het die mense Hom dadelik herken. Hulle het haastig deur die hele landstreek gegaan en dié wat siek was, op slaapmatte begin aandra na waar hulle gehoor het Hy is. Waar Hy ook al in gehuggies of in dorpe of op plase gekom het, het hulle die siekes op die markpleine neergesit en Hom gesmeek dat die siekes selfs net die soom van sy bokleed kon aanraak. En almal wat Hom aangeraak het, is genees.
MARKUS 6:53-56 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle deurgetrek het, het hulle in die land Genesaret gekom en na die strand getrek. En toe hulle uit die skip kom, het hulle Hom dadelik geken, En hy het deur daardie hele gebied rondom gehardloop en die siekes in die beddens begin ronddra waar hulle gehoor het dat hy was. En waar hy ook al ingegaan het, in dorpe of stede of lande, hulle het die siekes op die strate neergelê en Hom gesmeek om aan te raak as dit maar die rand van sy kleed was; en almal wat hom aangeraak het, is gesond gemaak.
MARKUS 6:53-56 Die Boodskap (DB)
Toe hulle anderkant by Gennesaret land, het hulle die skuit daar vasgemaak. Jesus het skaars uit die boot geklim of die mense het Hom herken. Die nuus dat Hy daar is, het soos ’n veldbrand deur die hele gebied versprei. Waar Hy ook al gegaan het, het die mense siekes na Hom toe gebring. Of Hy nou in die klein plattelandse plekkies of in die groter dorpe was, die mense het daar vir Hom met hulle siekes gewag. Wanneer Hy by so ’n plek gekom het, het hulle vir Hom by die mark gewag, waar almal altyd saamgekom het. Hulle het Hom dan gesmeek en gesoebat om die siekes net toe te laat om aan Hom te raak. Dié wat aan Hom geraak het, het natuurlik almal gesond geword.
MARKUS 6:53-56 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle het die see oorgesteek en by Gennesaret geland en anker gegooi. Toe hulle uit die skuit klim, het die mense Jesus dadelik herken. Hulle het toe in die ganse omgewing rondgehardloop en die siekes op slaapmatte begin aandra oral waar hulle gehoor het dat Hy was. En waar Hy ook al gegaan het – in kleiner of groter dorpe, of op plase – het hulle die siekes by die bymekaarkomplekke neergesit en gesoebat om aan Hom te kon raak, al was dit maar net aan die rand van sy bo-kleed. En almal wat daaraan geraak het, het gesond geword.