MARKUS 6:3
MARKUS 6:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Is hy dan nie die skrynwerker, die seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? Woon sy susters dan nie hier onder ons nie?” Hulle het aan Hom aanstoot geneem.
MARKUS 6:3 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet Jesus is 'n man wat houtwerk doen. Hy is Maria se seun en hy is die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon. Sy susters is ook hier by ons.” Die mense het glad nie gehou van wat Jesus gesê en gedoen het nie.
MARKUS 6:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem.
MARKUS 6:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Is hy dan nie 'n timmerman, 'n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?” Die mense wou niks van Hom weet nie.
MARKUS 6:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Is dit nie die timmerman, die seun van Maria, die broer van Jakobus en Joses en van Juda en Simon nie? en is sy susters nie hier by ons nie? En hulle was aanstoot aan hom.