MARKUS 2:9
MARKUS 2:9 Bybel vir almal (ABA)
Is dit die maklikste om vir die verlamde man te sê: ‘Ek vergewe jou sondes,’ of is dit die maklikste om te sê: ‘Staan op, tel jou slaapmat op en loop?’
MARKUS 2:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop?
MARKUS 2:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat is makliker? Om vir die verlamde man te sê: ‘Jou sondes word vergewe’, of om te sê: ‘Staan op, vat jou draagbaar en loop’?
MARKUS 2:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat is makliker, om vir die verlamde te sê, ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê, ‘Staan op, tel jou slaapmat op en loop’?
MARKUS 2:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Of dit makliker is om vir die verlamde te sê: Jou sondes is jou vergewe? of om te sê: Staan op, neem jou bed op en loop?