MARKUS 2:25
MARKUS 2:25 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het hulle geantwoord: “ Het julle gelees wat Dawid gedoen het toe hy probleme gehad het en toe hy en sy manne honger was?
MARKUS 2:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het
MARKUS 2:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sê vir hulle: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne nie kos gehad het nie en honger gekry het?
MARKUS 2:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy vra toe vir hulle: “Het julle nooit gelees wat Dawid en dié saam met hom gedoen het toe hulle in nood was en honger geword het nie?
MARKUS 2:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy nood gehad het en honger was, hy en die wat by hom was nie?