MARKUS 13:7
MARKUS 13:7 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie skrik wanneer julle hoor daar is oorlog nie, naby julle of ver van julle. Hierdie dinge móét gebeur, maar dit is nog nie die einde van alles nie.
MARKUS 13:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.
MARKUS 13:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
“En wanneer julle die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor, moet julle nie verskrik wees nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie.
MARKUS 13:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer julle van oorloë en gerugte van oorloë hoor, moet julle nie verskrik raak nie. Dit moet gebeur, maar dit is nog nie die einde nie.
MARKUS 13:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wanneer julle van oorloë en gerugte van oorloë hoor, moet julle nie ontsteld wees nie, want sulke dinge moet noodwendig gebeur; maar die einde sal nog nie wees nie.