MARKUS 11:12-14
MARKUS 11:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die volgende dag, onderwyl hulle uit Betánië gaan, het Hy honger gehad; en toe Hy op 'n afstand 'n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie. En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou 'n vrug eet nie! En sy dissipels het dit gehoor.
MARKUS 11:12-14 Bybel vir almal (ABA)
Die volgende dag het Jesus en sy dissipels uit Betanië gegaan. Jesus het honger geword en Hy het 'n vyeboom gesien wat vol blare was. Die boom was ver en Hy het daarnatoe gegaan om te sien of daar iets aan die boom was om te eet. Toe Hy daar kom, sien Hy daar is niks, net blare. Dit was nie die regte tyd vir vye nie. Jesus sê toe vir die boom: “Niemand sal weer 'n vy van jou eet nie, nooit nie.” Sy dissipels het gehoor wat Hy gesê het.
MARKUS 11:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle die volgende dag van Betanië af terugkom, het Jesus honger gekry. Hy sien toe op 'n afstand 'n vyeboom met blare aan en gaan daarheen om te kyk of Hy nie miskien 'n vy daaraan kry nie. Toe Hy daar kom, kry Hy niks nie, net blare, want dit was nie vyetyd nie. Hy sê toe vir die boom: “Van jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie.” Sy dissipels het dit gehoor.
MARKUS 11:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle die volgende dag van Betanië af vertrek, het Hy honger geword. Hy het van ver af 'n vyeboom met blare gesien, en gaan kyk of Hy nie miskien iets daaraan sou vind nie. Toe Hy by die boom kom, het Hy niks gevind nie, net blare, want dit was nie tyd vir vye nie. Hy sê toe vir die vyeboom: “Mag niemand tot in ewigheid ooit weer 'n vrug van jou af eet nie!” Sy dissipels het dit gehoor.
MARKUS 11:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die volgende dag, toe hulle van Betanië af gekom het, was Hy honger. En toe hy 'n vyeboom van ver af sien met blare, het hy gekom, as hy dalk iets daaraan kon kry; en toe hy daarby kom, het hy niks anders as blare gekry nie; want die tyd van vye was nog nie. En Jesus antwoord en sê vir hom: Niemand eet vir ewig vrug van jou hierna nie. En sy dissipels het dit gehoor.
MARKUS 11:12-14 Die Boodskap (DB)
Die volgende dag is Jesus-hulle terug Jerusalem toe. Op pad het Jesus honger geword. Hy sien toe ’n entjie van hulle af ’n vyeboom met blare aan. Hy gaan kyk toe of daar iets aan die boom is om te eet. Dit was ongelukkig nie vyetyd nie, met die gevolg dat die boom net vol blare was. “Niemand sal ooit weer van jou vrugte eet nie,” sê Jesus toe vir die boom. Sy dissipels het Hom dit hoor sê.
MARKUS 11:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe hulle die volgende dag uit Betanië vertrek, het Jesus honger geword. Toe Hy in die verte ’n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan om te kyk of Hy enige vye daaraan sou kry. Maar toe Hy by die boom kom, kry Hy niks meer as blare nie omdat dit nog te vroeg in die seisoen vir vye was. Hy sê toe vir die boom: “Mag niemand ooit weer ’n vrug van jou eet nie!” Sy dissipels het gehoor wat Hy sê.