MARKUS 10:43
MARKUS 10:43 Bybel vir almal (ABA)
Dit moenie so wees by julle nie. As een van julle die belangrikste wil wees, dan moet hy die ander mense dien.
MARKUS 10:43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
MARKUS 10:43 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees
MARKUS 10:43-44 Die Boodskap (DB)
“Onder julle as Christene mag dit egter nie gebeur nie. As iemand onder julle belangrik wil wees, moet hy die onbelangrikste posisie onder julle inneem. Hy moet bereid wees om alles te doen wat die ander van hom vra en moet die hele tyd reg wees om die ander te dien, of dit hom nou pas of nie.