MATTEUS 7:11
MATTEUS 7:11 Bybel vir almal (ABA)
Julle is slegte mense, maar julle weet om goeie dinge vir julle kinders te gee. Julle Vader in die hemel wil vir die mense wat dit vir Hom vra, dinge gee wat nog beter is.
MATTEUS 7:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
MATTEUS 7:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
MATTEUS 7:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader in die •hemele goeie dinge gee vir hulle wat Hom vra!
MATTEUS 7:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid?