MATTEUS 3:3
MATTEUS 3:3 Bybel vir almal (ABA)
Die profeet Jesaja het van Johannes gepraat toe hy gesê het: “ Iemand skree in die woestyn en hy sê: Julle moet die pad gereedmaak vir die Here, julle moet sy paaie reguit maak.”
MATTEUS 3:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
MATTEUS 3:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.”
MATTEUS 3:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy was immers die een van wie die profeet Jesaja gepraat het toe hy gesê het: “'n Stem van iemand wat roep in die woestyn, ‘Maak die pad vir die Here gereed, maak sy paaie reguit!’ ”
MATTEUS 3:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want dit is hy van wie die profeet Jesaja gespreek het toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie gelyk.