MATTEUS 28:20
MATTEUS 28:20 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet vir hulle leer om gehoorsaam te wees aan alles wat Ek vir julle gesê het. En onthou: Ek is altyd by julle, tot die einde van die wêreld.”
MATTEUS 28:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
MATTEUS 28:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
MATTEUS 28:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd. ”
MATTEUS 28:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle ook al beveel het; en kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
MATTEUS 28:20 Die Boodskap (DB)
Leer hulle en lei hulle dan in alles wat Ek vir julle geleer het. Vertel hulle hoe belangrik dit is om aan My gehoorsaam te wees en te doen wat Ek vra. “En wees verseker: Ek verwag nie dat julle dit alleen moet doen nie. Elke dag, tot met die wederkoms, sal Ek self by julle wees.”