MATTEUS 2:9
MATTEUS 2:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat hulle gehoor het wat die koning sê, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, het voor hulle uit beweeg totdat dit tot stilstand gekom het reg bo die plek waar die Kindjie was.
MATTEUS 2:9 Bybel vir almal (ABA)
Nadat die sterrekykers gehoor het wat die koning gesê het, het hulle weggegaan. Die ster wat hulle in die ooste gesien het, het hulle gelei tot by die plek waar die Kindjie was. Toe het die ster gestop.
MATTEUS 2:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was.
MATTEUS 2:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was.
MATTEUS 2:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe hulle die koning hoor, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle in die ooste gesien het, het voor hulle uit gegaan totdat hy gekom het en gaan staan oor die plek waar die kindjie was.