MATTEUS 2:12
MATTEUS 2:12 Bybel vir almal (ABA)
God het die sterrekykers in 'n droom gewaarsku en gesê hulle moenie weer na Herodes toe gaan nie. Daarom het die sterrekykers op 'n ander pad teruggegaan na hulle land.
MATTEUS 2:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En omdat hulle in 'n droom 'n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad na hul land teruggegaan.
MATTEUS 2:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
En omdat God hulle in 'n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met 'n ander pad na hulle land toe teruggegaan.
MATTEUS 2:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En omdat hulle in 'n droom 'n waarskuwing van God ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad langs na hulle land teruggegaan.
MATTEUS 2:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle in 'n droom van God gewaarsku is dat hulle nie na Herodes sou terugkeer nie, het hulle op 'n ander pad na hul eie land getrek.