MATTEUS 18:30
MATTEUS 18:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar hy wou nie en hy is daar weg om hom in die tronk te laat gooi totdat hy die skuld betaal het.
MATTEUS 18:30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar daarvan wou sy skuldeiser nie hoor nie. Hy is daar weg en het hom in die tronk laat gooi, waar hy sou moes bly totdat hy al sy skuld afbetaal het.
MATTEUS 18:30 Bybel vir almal (ABA)
Maar die eerste amptenaar wou nie. Hy het gegaan en hy het die ander amptenaar in die tronk laat gooi. Hy moes daar bly totdat hy die skuld betaal het.
MATTEUS 18:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.
MATTEUS 18:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy wou nie – inteendeel, hy het weggegaan en hom in die tronk laat gooi, totdat hy die verskuldigde bedrag sou terugbetaal.