MATTEUS 18:15-17
MATTEUS 18:15-17 Bybel vir almal (ABA)
“As een van die ander gelowiges sonde gedoen het teen jou, dan moet jy eers met hom raas waar julle twee alleen is. As hy luister na jou, dan is hierdie gelowige weer saam met jou. Maar as hy nie wil luister na jou nie, dan moet jy nog een of twee gelowiges saam met jou neem. Die Ou Testament sê twee of drie getuies moet sê wat gebeur het. Maar as hy ook nie na hulle wil luister nie, dan moet jy dit vir die gemeente sê. En as hy ook nie na die gemeente wil luister nie, dan moet hy vir julle wees soos 'n heiden en 'n tollenaar.
MATTEUS 18:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
MATTEUS 18:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel.
MATTEUS 18:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ As jou broer teen jou sondig, moet jy hom teregwys waar julle twee alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. As hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke saak bevestig mag word. As hy weier om na hulle te luister, sê dit vir die •gemeente. En as hy ook weier om na die gemeente te luister, laat hy vir jou wees soos die heiden en die •tollenaar.
MATTEUS 18:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as jou broer teen jou oortree, gaan vertel hom sy skuld tussen jou en hom alleen; as hy na jou luister, het jy jou broer gewen. Maar as hy na jou nie luister nie, neem dan nog een of twee saam met jou, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord vasgestel kan word. En as hy nalaat om na hulle te luister, vertel dit aan die gemeente; maar as hy na die gemeente luister, laat hom vir jou wees soos 'n heiden en 'n tollenaar.
MATTEUS 18:15-17 Die Boodskap (DB)
“As ’n ander gelowige jou op die een of ander manier sleg behandel het, moet jy die saak alleen met hom gaan uitpraat. As hy na jou luister, was dit alles die moeite werd. Dan het jy hom teruggekry op God se pad. As dit nie help nie, moet jy nog een of twee persone saamvat en weer gaan probeer. Die teenwoordigheid van twee of drie getuies kan hom dalk tot sy sinne ruk. Wanneer hy selfs nie na hulle wil luister nie, moet jy maar vir al die ander gelowiges gaan vertel wat gebeur het. As dit uiteindelik ook nie help nie, moet julle hierdie persoon as ’n ongelowige en ’n sondaar beskou. So iemand hoort dan nie meer in die kerk nie.
MATTEUS 18:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“As een van jou medegelowiges iets verkeerds teen jou gedoen het, gaan wys hom daarop. Maar hou dit tussen julle twee. As hy sy fout insien en erken, het jy hom teruggewen. Maar as jy nie daarin slaag nie, neem nog een of twee saam met jou. So sal daar twee of drie getuies wees om te bevestig wat gesê word. Maar as hy nog steeds weier om te luister, moet jy dit aan die gemeente gaan meedeel. As hy egter ook weier om na die gemeente te luister, moet hy vir jou wees soos ’n ongelowige of ’n tollenaar.