MATTEUS 17:5
MATTEUS 17:5 Bybel vir almal (ABA)
Petrus was nog besig om te praat, toe het 'n helder wolk oor hulle gekom. Hulle het gehoor God praat uit die wolk. God het gesê: “ Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly. Julle moet doen wat Hy sê.”
MATTEUS 17:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!
MATTEUS 17:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hy nog praat, het 'n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en 'n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”
MATTEUS 17:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl hy nog praat, het 'n helder wolk skielik 'n skaduwee oor hulle gegooi, en kyk, 'n stem uit die hemel sê: “Dit is my geliefde Seun, oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”
MATTEUS 17:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Terwyl Hy nog spreek, kyk, 'n helder wolk het hulle oorskadu, en daar was 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het; hoor hom.