MATTEUS 15:27
MATTEUS 15:27 Bybel vir almal (ABA)
Die vrou sê toe vir Jesus: “Dit is waar, Here, maar ook die hondjies eet van die krummels wat afval van die tafels van hulle eienaars.”
MATTEUS 15:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.
MATTEUS 15:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.”
MATTEUS 15:27 Die Boodskap (DB)
“Ag, Here, dit is waar,” het sy geantwoord. “Maar partykeer is onrein mense bereid om die oorskietkos te eet wat op die grond beland. U kan gerus voortgaan met u bediening aan Israel. Laat asseblief tog net ’n stukkie van u genade na my kant toe val!”