MATTEUS 12:45
MATTEUS 12:45 Die Boodskap (DB)
Daarna gaan haal hy sommer nog ’n klomp ander bose geeste wat ook plek soek. Hulle is nog slegter as hy. Die hele bende van hulle bly dan sommer in die een huis. Sowaar, vir so ’n mens sou dit baie beter gewees het as hy nie die eerste keer uit die mag van die bose gees bevry is nie. Hy moes God maar liewer in sy lewe toegelaat het toe hy die kans gehad het. Dit is ’n les wat die slegte mense onder julle nog nie geleer het nie.”
MATTEUS 12:45 Bybel vir almal (ABA)
Dan gaan haal hy sewe ander geeste wat nog slegter is as hy. Hulle kom almal saam met hom, en hulle gaan woon in daardie mens. Wanneer dit gebeur, dan is daardie mens nog slegter as wat hy was. Dit sal gebeur met die slegte mense wat nou lewe.”
MATTEUS 12:45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.