MATTEUS 11:8
MATTEUS 11:8 Bybel vir almal (ABA)
Het julle gedink julle sal 'n man sien wat mooi en duur klere dra? Nee! Die mense wat mooi en duur klere dra, woon in konings se paleise.
MATTEUS 11:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.
MATTEUS 11:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? 'n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat deftig aantrek, kry 'n mens in koninklike paleise.
MATTEUS 11:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wat wou julle dan gaan sien? 'n Man met deftige klere aan? Kyk, mense met deftige klere woon in konings se paleise.
MATTEUS 11:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar waarvoor het julle uitgegaan om te sien? 'n Man geklee in sagte klere? kyk, die wat sagte klere dra, is in koningshuise.