MATTEUS 11:7
MATTEUS 11:7 Bybel vir almal (ABA)
Die boodskappers van Johannes het teruggegaan, en toe het Jesus vir die mense iets van Johannes vertel. Jesus vra toe vir hulle: “Wat het julle gedink sal julle sien toe julle in die woestyn na Johannes toe gegaan het? Het julle gedink julle sal iemand sien wat soos 'n riet in die wind heen en weer waai? Nee!
MATTEUS 11:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hulle vertrek, begin Jesus vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan om in die woestyn te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word?
MATTEUS 11:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle weggaan, het Jesus met die mense oor Johannes begin praat en gesê: “Waarna het julle in die woestyn gaan kyk? Na 'n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word?
MATTEUS 11:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met hulle vertrek het Jesus begin om met die skare oor Johannes te praat: “Maar wat wou julle gaan sien toe julle na die woestyn uitgegaan het? 'n Riet wat deur die wind heen en weer geruk word?
MATTEUS 11:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle weggaan, begin Jesus vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te sien? 'n Riet geskud deur die wind?