MATTEUS 11:28-29
MATTEUS 11:28-29 Bybel vir almal (ABA)
“Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaarkry omdat julle wil doen wat die Wette van Moses sê. Ek sal julle help sodat julle kan rus. Julle moet gehoorsaam wees en luister na wat Ek vir julle leer, want Ek het 'n sagte hart en Ek is nederig. Julle sal vir altyd by My kan rus.
MATTEUS 11:28-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele
MATTEUS 11:28-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.
MATTEUS 11:28-29 Die Boodskap (DB)
Hom voorstel. “Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek. “Kom luister na wat Ek vir jou oor jou lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te leef nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê. “Kom ontdek watter vreugde dit bring om te leef soos God wil hê jy moet leef. “Dis nie moeilik om so te leef nie; om die waarheid te sê