MATTEUS 11:21
MATTEUS 11:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het.
MATTEUS 11:21 Bybel vir almal (ABA)
“Dit sal baie sleg gaan met die mense van die stad Gorasin! Dit sal baie sleg gaan met julle wat in Betsaida woon! Ek het baie wonderwerke by julle gedoen. As Ek dieselfde wonderwerke gedoen het in die stede Tirus en Sidon, dan sou al daardie mense hulle lewe verander het. Hulle sou rouklere gedra het en as op hulle koppe gegooi het. So sou hulle wys dat hulle verander het en wil begin lewe soos God wil hê.
MATTEUS 11:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hulle lankal in sak en as bekeer het.
MATTEUS 11:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wee jou, Gorasin! Wee jou, Betsaida! Want as die kragtige dade wat in julle plaasgevind het, in Tirus en Sidon gebeur het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.
MATTEUS 11:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wee jou, Chorasin! wee jou, Betsaida! want as die kragtige werke wat in julle gedoen is, in Tirus en Sidon gedoen was, sou hulle hulle lank gelede in sak en as bekeer het.
MATTEUS 11:21 Die Boodskap (DB)
Dit het Jesus ontstel: “Gorasin, Betsaida, julle is soos mense wat met die volgende tree by ’n vernietigende afgrond gaan afstort en julle gee nie eens om nie. Weet julle, as die ongodsdienstige mense van Tirus en Sidon die wonders kon sien wat julle gesien het, was hulle binne sekondes op hulle knieë voor My. Maar toemaar, die finale oordeel van God is op pad.
MATTEUS 11:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! Want as in die nie-Joodse stede Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal sakke aangetrek en as op hulle koppe uitgegooi het om te wys dat hulle tot inkeer gekom het.