MATTEUS 11:10
MATTEUS 11:10 Bybel vir almal (ABA)
God het in die Ou Testament oor Johannes gepraat toe Hy gesê het: “ Kyk, Ek stuur my boodskapper. Hy sal voor jou gaan en die pad gereedmaak vir jou.
MATTEUS 11:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.
MATTEUS 11:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is hy van wie daar geskrywe staan: “ ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit; hy sal die pad vir jou regmaak.’
MATTEUS 11:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy is die een oor wie geskryf staan: “ ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit – hy sal jou pad voor jou gereedmaak.’
MATTEUS 11:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want dit is hy van wie geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou aangesig, wat jou weg voor jou sal regmaak.