MATTEUS 11:1
MATTEUS 11:1 Bybel vir almal (ABA)
Toe Jesus klaar met sy twaalf dissipels gepraat het en vir hulle gesê het wat hulle moet doen, het Hy van daar na die stede in Galilea gegaan om vir die mense te leer en vir hulle te preek.
MATTEUS 11:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Jesus klaar was met bevele aan sy twaalf dissipels te gee, het Hy daarvandaan weggegaan om te leer en te preek in hulle stede.
MATTEUS 11:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Jesus klaar was met die opdragte aan sy twaalf dissipels, het Hy daarvandaan weggegaan om die mense in hulle dorpe te leer en vir hulle te preek.
MATTEUS 11:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus sy opdragte aan sy twaalf dissipels voltooi het, het Hy daarvandaan vertrek om in hulle dorpe te leer en te preek.
MATTEUS 11:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Jesus klaar was met die bevele aan sy twaalf dissipels, het Hy daarvandaan weggegaan om in hulle stede te leer en te preek.