MATTEUS 10:16
MATTEUS 10:16 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook gesê: “Ek stuur julle na die mense in die wêreld, en julle sal soos skape wees wat tussen gevaarlike wolwe is. Daarom moet julle versigtig wees soos die slange, en soos duiwe moet julle niks verkeerd doen nie.
MATTEUS 10:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.
MATTEUS 10:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.
MATTEUS 10:16 Die Boodskap (DB)
“Moenie dink alles sal altyd net goed gaan nie. Die gevare en probleme is groot en baie. Dit is byna so gevaarlik soos ’n herder wat sy skape deur ’n bos lei waar dit wemel van die luiperds en leeus.