MATTEUS 10:14
MATTEUS 10:14 Bybel vir almal (ABA)
As iemand sê julle mag nie daar bly nie en as hulle nie vir julle wil luister nie, dan moet julle weggaan van daardie huis of stad en julle moet die stof van julle voete afskud.
MATTEUS 10:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.
MATTEUS 10:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand julle nie ontvang nie en nie na julle woorde luister nie, gaan uit sy huis of uit daardie dorp uit en skud die stof van julle voete af.
MATTEUS 10:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En wie ook al julle nie verwelkom en na julle woorde nie luister nie – gaan weg uit daardie huis of stad en skud die stof van julle voete af.
MATTEUS 10:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En elkeen wat julle nie ontvang en julle woorde nie hoor nie, as julle uit daardie huis of stad uitgaan, skud die stof van julle voete af.
MATTEUS 10:14 Die Boodskap (DB)
“Sê nou iemand verontagsaam julle as julle na hom toe gaan, sê nou hy wil nie luister as julle met hom praat nie, wat dan? Wel, moenie julleself probeer opdring of julle tyd mors nie. Los hom net daar. En as die mense van ’n hele dorp so ’n verkeerde houding het, los hulle ook net daar. Skud die kop, trek julle skouers op en gaan verder.