LUKAS 20:41-44
LUKAS 20:41-44 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir die mense gevra: “Hoekom sê die mense die Christus is die Seun van Dawid? Want Dawid self sê in die boek van die Psalms: “ Die Here het vir my Here, die Koning, gesê: Sit hier langs My, op die belangrikste plek, Ek sal jou vyande voor jou laat buig, en jy sal jou voete op hulle sit. “Dawid noem die Christus ‘Here.’ Hoe kan die Christus dan Dawid se seun wees?”
LUKAS 20:41-44 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is? En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete. Dawid noem Hom dan Here, en hoe is Hy sy seun?
LUKAS 20:41-44 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus het vir hulle gevra: “Hoe kan hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is? Dawid sê tog self in die boek van die Psalms: “Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het. “Dawid noem Hom dus ‘Here’; hoe kan Hy dan sy seun wees?”
LUKAS 20:41-44 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het hulle gevra: “Hoe kan daar gesê word dat die Christus die •Seun van Dawid is? Dawid sê dan self in die Psalms, “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande 'n voetbank vir jou voete gemaak het.’ “Dawid noem Hom dus ‘Here’. Hoe kan Hy dan sy seun wees?”
LUKAS 20:41-44 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Hoe sê hulle dat Christus die seun van Dawid is? En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die HERE het tot my Here gesê: Sit aan my regterhand, Totdat Ek jou vyande maak 'n voetbank vir jou voete. Dawid noem Hom dan Here, hoe is hy dan sy seun?
LUKAS 20:41-44 Die Boodskap (DB)
Toe sê Jesus vir die godsdienstige leiers wat gedurig net regsit om Hom te probeer uitvang: “Ek het nou ’n vraag vir julle. Hoekom sê almal die Messias is die seun van Dawid? Dawid self noem Hom dan in een van sy psalms ‘my Here’. Julle ken mos Dawid se bekende woorde: ‘God, die Here, het vir my Here gesê: Kom sit hier op die spesiale ereplek langs My totdat Ek al jou vyande magteloos voor jou voete laat lê.’ “Verklaar dit dan nou vir My: As Dawid die Messias ‘Here’ noem, hoe kan Hy terselfdertyd ook nog Dawid se seun wees?” Maar niemand het dit gewaag om daarop te antwoord nie.
LUKAS 20:41-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het vir hulle gevra: “Hoe kan hulle dan beweer dat die Messias die seun van Dawid is? Dawid sê self in die boek van die Psalms: ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.’ “Dawid noem Hom dan ‘Here’; hoe kan Hy sy seun wees?”