LUKAS 15:7
LUKAS 15:7 Bybel vir almal (ABA)
Ek sê vir julle, so sal almal in die hemel bly wees wanneer een sondaar verander en doen wat die Here wil hê. Hulle sal blyer wees oor hierdie één sondaar as oor 99 mense wat dink hulle lewe reg en dink dit is nie nodig om te verander nie.”
LUKAS 15:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.
LUKAS 15:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.”
LUKAS 15:7 Die Boodskap (DB)
“Weet julle, in God se wêreld gaan dit net so. Daar is groot vreugde in die hemel as een sondaar na God toe terugkom. Ja, daar is groter blydskap oor een mens wat van die verkeerde pad af terugkom as oor al God se kinders wat elke dag doen wat Hy van hulle vra.”