LUKAS 11:46
LUKAS 11:46 Bybel vir almal (ABA)
En Jesus sê: “Skrifgeleerdes, dit sal met julle ook sleg gaan, want julle wil hê mense moet dinge doen wat vir hulle baie moeilik is. Hulle moet gehoorsaam wees aan die wette wat julle maak, maar julle doen niks om hulle te help nie.
LUKAS 11:46 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.
LUKAS 11:46 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarop antwoord Hy: “Julle wetgeleerdes! Ellende wag vir julle ook, want julle laai ondraaglike laste op die mense, en self verroer julle geen vinger om die laste te dra nie.
LUKAS 11:46 Die Boodskap (DB)
Jesus sê toe vir hom: “Daar wag ook groot probleme op julle spul kenners van die Bybel. Ek sal vir julle sê hoekom. Julle skryf dik boeke vol moeilike godsdienstige reëls en stop dit dan in mense se hande en sê: ‘Gaan doen dit tot op die letter van die wet.’ Maar julle kan self nie eens alles doen wat op bladsy een van julle eie boeke geskryf staan nie.