LEVITIKUS 19:15
LEVITIKUS 19:15 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moenie verkeerd oordeel nie. Wanneer iemand skuldig is, dan mag jy nie sê hy is onskuldig nie, dit maak nie saak of hy 'n arm mens of 'n ryk mens is nie. Jy moet regverdig wees wanneer jy oordeel.
LEVITIKUS 19:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.
LEVITIKUS 19:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy mag nie onregverdig wees in die regspraak nie: jy mag nie partydig wees vir dié wat geen aansien het nie of die vooraanstaande bevoordeel nie. Oordeel regverdig oor jou naaste.
LEVITIKUS 19:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Julle mag nie onreg pleeg in die regspraak nie. Jy mag nie partydig wees vir armes of voorkeur gee aan belangrikes nie. Oordeel jou volksgenoot regverdig.
LEVITIKUS 19:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle mag geen onreg doen in die gereg nie; jy mag die persoon van die arme nie eerbiedig nie en die persoon van die sterke nie eer nie; maar in geregtigheid moet jy jou naaste oordeel.