LEVITIKUS 11:13-19
LEVITIKUS 11:13-19 Bybel vir almal (ABA)
“Julle mag nie van hierdie voëls eet nie, julle moenie aan hulle raak nie: arende, aasvoëls, vis-arende, valke, kraaie, volstruise, seemeeue, uile, pelikane, visvangers, duikers, ooievaars, reiers en hoep-hoepe. Julle mag ook nie vlermuise eet nie
LEVITIKUS 11:13-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou — hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël; en die kuikendief en die valk volgens sy soorte; elke kraai volgens sy soorte; en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte; en die steenuil en die visvanger en die steunuil; en die silweruil en die pelikaan en die klein-aasvoël; en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.
LEVITIKUS 11:13-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
“In die geval van diere met vlerke is die volgende soorte verbode en hulle mag dus nie geëet word nie: arende, lammervangers en visarende; aasvoëls en valksoorte; al die kraaisoorte; volstruise, nagvalke, seemeeue en alle soorte roofvoëls; uile, visvangers, ibisse, flaminke, pelikane, swane, ooievaars, al die reiersoorte, hoep-hoepe en vlermuise.
LEVITIKUS 11:13-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Die volgende diere met vlerke moet vir julle afstootlik wees en julle mag dit nie eet nie, hulle is beslis afstootlik: “ ‘gewone arende, breëkop-arende; swartaasvoëls, jakkalsvoëls en alle soorte valke; alle soorte kraaie; steenuile, ooruile; seemeeue; alle soorte kleinvalkies, naguiltjies; visarende; grasuile, nonnetjiesuile; bontkraaie; Egiptiese aasvoëls, ooievaars en alle soorte reiers; hoep-hoepe en vlermuise.
LEVITIKUS 11:13-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is hulle wat julle as gruwel onder die voëls sal hê; hulle mag nie geëet word nie, hulle is 'n gruwel: die arend en die ossifrad en die visarend, En die aasvoël en die vlieër volgens sy soorte; Elke raaf volgens sy soorte; En die uil en die nagvalk en die koekoek en die valk volgens sy soorte, En die klein uil en die aalscholvers en die groot uil, En die swaan en die pelikaan en die gierarend, En die ooievaar, die reier volgens sy soorte, en die kiewiete en die vlermuis.
LEVITIKUS 11:13-19 Die Boodskap (DB)
“Van die voëls in die lug wat verbied word, waarvan julle nie mag eet nie, is daar die arend, die lammervanger, die visarend, die aasvoël, al die valkspesies, al die kraaispesies, die volstruis, die naguil, die seemeeu, al die arendspesies, die uil, die visvanger, die ibis, die flamink, die pelikaan, die swaan, die ooievaar, al die reierspesies, die hoep-hoep en die vlermuis.
LEVITIKUS 11:13-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Dit is die voëls wat julle nooit mag eet nie omdat hulle afskuwelik is vir julle: die arend, die aasvoël, die visvalk, verskillende valksoorte, al die kraaisoorte, die volstruis, die nagvalk, die seemeeu en roofvoëls van verskillende soorte, die klein uil, die visvanger, die groot uil, die wit uil, die pelikaan, die aasvreter, die ooievaar, verskillende soorte reiers, die hoep-hoep en die vlermuis.