KLAAGLIEDERE 1:1
KLAAGLIEDERE 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Hoekom het dit gebeur? Kyk hoe leeg is die stad, die stad waar baie mense gewoon het. Die stad het geword soos 'n weduwee. Die mense van die wêreld het almal gedink dit is 'n groot en belangrike stad. Maar die mense van die stad moet nou vir ander volke werk.
KLAAGLIEDERE 1:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die stad wat vol mense was, is nou verlate. Sy sit alleen daar, soos ’n weduwee wat treur. Die stad wat eens die nasies se koningin was, het nou hulle slaaf geword.
KLAAGLIEDERE 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alef. AG, hoe verlate sit die stad wat vol mense was! Sy het soos 'n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies; die vorstin onder die provinsies het dienspligtig geword.
KLAAGLIEDERE 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ag, hoe verlate lê die stad wat vol mense was! Sy het soos 'n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies. Sy wat heerskappy gevoer het oor ander moet nou dwangarbeid doen.
KLAAGLIEDERE 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ag, hoe verlate lê die stad wat vol mense was. Sy het soos 'n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies. Die prinses onder die provinsies, verrig dwangarbeid.