JUDAS 1:4
JUDAS 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Ek skryf nou hierdie dinge vir julle, want party mense het skelm na julle toe gekom. Hulle verander die boodskap van ons God se genade sodat hulle die slegte dinge kan doen wat hulle wil doen. Hulle is ook bang om vir mense te sê hulle behoort aan Jesus Christus, ons enigste Eienaar en Here. In die Ou Testament is lank gelede geskryf dat daardie mense die sondaars is, God sal vir húlle oordeel.
JUDAS 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.
JUDAS 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die rede hiervoor is dat sekere mense ongemerk julle geledere binnegedring het, goddelose mense wie se veroordeling lank reeds vas staan. Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus.
JUDAS 1:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want sekere mense oor wie die oordeel reeds lank tevore opgeteken is, het julle geledere binnegesypel, goddeloses, mense wat God se genade in losbandigheid laat ontaard, en ons enigste Vors en Here, Jesus •Christus, ontken.
JUDAS 1:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want daar is sekere manne wat onverhoeds ingesluip het, wat vantevore tot hierdie oordeel bestem was, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid en die enigste Here God en ons Here Jesus Christus verloën het.
JUDAS 1:4 Die Boodskap (DB)
’n Klompie vals mense het stil-stil daar by julle in die kerk ingesluip. Hulle is ’n goddelose spul. Maar gelukkig het God al lankal besluit wat Hy met hierdie mense gaan doen. Sy oordeel wag op hulle. Hulle misbruik die goedheid wat God aan ons bewys het, tot hulle eie voordeel. Hulle verdraai dit sodat hulle kan aanhou met hulle smerige sondes. So verwerp hulle ons enigste Meester en ons Here, Jesus Christus.