JOHANNES 3:20
JOHANNES 3:20 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat slegte dinge doen, hou nie van die lig nie. Hy kom nie na die lig toe nie, want hy wil nie hê die mense moet sien wat hy doen nie.
JOHANNES 3:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
JOHANNES 3:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie.
JOHANNES 3:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel kan word nie.
JOHANNES 3:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy dade nie bestraf word nie.
JOHANNES 3:20 Die Boodskap (DB)
Daarom hou mense wat sulke slegte dinge doen, niks van die lig nie en hardloop daarvoor weg.