JOHANNES 14:12
JOHANNES 14:12 Bybel vir almal (ABA)
Ek sê vir julle, en dit is seker: Mense wat in My glo, sal dieselfde dinge doen wat Ek gedoen het. Ja, hulle sal meer doen, want Ek gaan nou na die Vader toe.
JOHANNES 14:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
JOHANNES 14:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.
JOHANNES 14:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie in My glo, hy sal ook die werke doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader gaan.
JOHANNES 14:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en groter werke as dit sal hy doen; want Ek gaan na my Vader.